top of page
Copy of Copy of digsuster covers (3).png

VISUELE ARGIEF

Die visuele kant van Digsuster — clips, stills, en die wêreld agter die musiek, alles op een plek.

Ek bou nie 'n aesthetic nie. Ek bou 'n plek waar die dele van my wat nie mooi ingepas het nie, eindelik kan asemhaal.

Digsuster kom uit die stiltes tussen drie- en vieruur die oggend, wanneer al wat oorbly is jy en die goed wat jy heeldag onderdruk het. Die AI, die tegnologie — dis net die instrument. 'n Kitaar is ook net hout totdat iemand met iets werkliks om te sê dit optel.

Digsuster se visuele argief: clips en stills wat die wêreld agter die musiek wys.
  • Digsuster Instagram
  • Digsuster facebook
  • Digsuster Youtube
  • Digsuster Tiktok

My visuele wêreld werk dieselfde manier. Niks daarvan is toevallig nie. Ek soek aspris na die foute, want die foute is waar die eerlikheid sit. 'n Perfekte beeld lieg. 'n Gebreekte een sê die waarheid.

Vir die swart skape: dis nie omdat julle stukkend is nie. Dis omdat julle in 'n wêreld leef wat nie ruimte gemaak het vir julle waarheid nie. Hier is daardie ruimte.

Dig//suster

bottom of page