Nee. Ek is 'n regte mens. Die AI is slegs my produksie-instrument. Die stories, die sielkunde en die rou herinneringe agter elke song kom honderd persent uit my eie kop uit.
Elke liewe woord. Die masjien skryf nie my hartseer of my vrese nie. Ek is mal oor sielkunde en gebruik my eie lewenservarings as die fondasie vir alles wat ek skryf.
Dis 'n narratiewe instrument. Ek gebruik soms 'n manlike stem as 'n tweede karakter om 'n gesprek, 'n verhouding of 'n botsing uit te beeld. Veral as ek dingk oor hoe om beide kante van 'n storie te vertel, gee dit die musiek meer diepte.
Ek is 'n Digitale Alchemis. Ek vat die rou emosies, my eie lirieke of konsepte, en ek gebruik tegnologie as die gereedskap om dit te omskep in klank en visuele wêrelde. Die kuns bly altyd myne.